Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Napier All Sorts

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sarel Cilliers-straat 79, Napier, 7270, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 700 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Napier All Sorts bied verblyf in 'n eenheid met dennehoutvloere en 'n ouwêreldse bekoring wat uit 1939 dateer. Hoewel die huis teen die hoofstraat geleë is, voel jy asof jy op 'n plaas is. Daar is restaurante, kroeë en interessante winkeltjies stapafstand van die eenheid af en parkeerplek op die perseel is beskikbaar.

Daar is 'n koffiewinkel op die perseel met tuisgemaakte scones waar jy plattelandse gasvryheid kan geniet. Daar is ook 'n bekoorlike geskenkwinkel waar jy deur al die mooi goed kan snuffel. Verskeie kunsvlytprodukte, van handgemaakte juweliersware tot pragtige serpe en pewter-skaakstelle is te koop. Daar is ook 'n privaat versameling militaria met medaljes, uniforms ens. wat op die perseel te siene is.

Napier All Sorts bied verblyf in 3 slaapkamers, 2 met 'n antieke bronsdubbelbed in elk en een kamer met 2 enkelbeddens. Daar is slegs 1 badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Daar is 'n kombuisie wat met 'n yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster en basiese kombuisgerei toegerus is. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale in die een kamer en 'n TV met OpenView in die ander twee kamers.

WiFi is beskikbaar.

Die eenheid het 'n gedeelde braai-area onderdak, maar slegs gaste waarvoor bespreek is word op die perseel toegelaat. Gaste moet asb. hul eie hout en braaitoerusting saambring.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en die eenheid het 'n privaat ingang.

Let asb. dat die deurkosyne in die eenheid ongeveer 1,8 m hoog is. Ekstra-lang gaste sal net versigtig moet wees.

Slaapplek

’n Bespreking by Napier All Sorts sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Gedeelde dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 24 resensies vir Napier All Sorts
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Adri Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Jaar gelys 9

Ligging

  • Sarel Cilliers-straat 79, Napier, 7270, Wes-Kaap
  • Gaste dink Napier All Sorts het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Napier Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sarel Cilliers-straat 79, Napier, 7270, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc2N2I0MGMxLThlOTQtNGRhYy1iNWIwLTM4NDljMTc1MDg4Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag, vir 6 mense 24 5 1 5 79 Sarel Cilliers Street Napier 7270 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.474499137641 19.901803216112
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem