Napier Self Catering
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eskomstraat 32, Napier, 7270, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R845 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Napier Self Catering is op 'n 2600 m²-perseel geleë en bied stil en rustige verblyf weg van die hoofweg af. Daar is uitsigte oor die dorp met 'n indrukwekkende kerk, 'n vrugteboord en die Klipdriftrivier. Gehaltelinne en -handdoeke word gerieflikheidshalwe voorsien.
Dié eenheid is op die onderste verdieping en beskik oor 'n oopplan-leefarea en -kombuis, asook 'n ruim slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n groot stort, toilet en 'n wasbak. 'n Ekstra enkelbed is op versoek beskikbaar en die koninggrootte-bed kan in 2 aparte beddens omskep word.
Die kamer het 'n TV met DStv en WiFi.
Verder is daar veilige parkeerplek op die perseel agter 'n geslote hek.
Die leefarea het 2 gemaklike stoele en 'n koffietafel. Die gesellige ontbythoekie het 'n toonbank en 3 stoeltjies. Die leefarea lei na 'n onderdakpatio via 'n glasskuifdeur. Die patio het stoepmeubels en 'n Weber. Bring asb. jou eie hout of houtskool wat by die plaaslike geriefswinkel te koop is.
Die moderne, oopplan-kombuis sluit 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, oondjie, koffie- en teemaakgeriewe, mikrogolfoond, broodrooster, basiese eetgerei en breekware in.
Daar is verskeie winkels, restaurante en besienswaardighede stapafstand vanaf die eiendom. Die ligging maak dit ook maklik om die omgewing te verken.
Slaapplek
’n Bespreking by Napier Self Catering sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Eskomstraat 32, Napier, 7270, Wes-Kaap
- Gaste dink Napier Self Catering het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eskomstraat 32, Napier, 7270, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom