Nature's Garden Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nature’s Garden Cottage is in ’n pragtige, rustige tuin in Noordhoek geleë waar jy jou eie groente en vrugte kan kweek en deur die voëls se getjirp wakker gemaak word. Noordhoek is ’n baie eko-vriendelike voorstad van Kaapstad met boomryke strate, perdryroetes, verskeie eetplekke en deli's, plaasmarkte en van die beste restaurante en wynlande.

Die woonstel skakel met die eienaar se hoofhuis en het slaapplek vir 3 gaste. Daar is 1 slaapkamer, 1 badkamer en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer beskik oor ’n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word op versoek en ’n en suite-badkamer met ’n stort, wasbak en toilet. Die slaapkamer lei na ’n windlose oase van blomme, ’n kruietuin, en ’n fonteintjie wat rustig saam met die die voëlgesang vloei. Daar kan ’n ekstra enkelbed vir ’n derde volwassene of 1 kind in die sitarea opgemaak word op versoek.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor ’n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n etenstafel met sitplek vir 4. Die sitarea het ’n gemaklike bank en ’n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien en daar is ook ’n buitebraai en -eetarea.

Slaapplek

'n Bespreking by Nature's Garden Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nature's Garden Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za