Nature's Gem of Mosselbay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nature's Gem of Mosselbay is in die buitewyke van Mosselbaai in Aalwyndal. Dit is ideaal vir 'n sakereisiger of vakansieganger. Die pragtige ligging kyk uit oor Mosselbaai met 'n fantastiese see-uitsig en die Outeniekwaberge. Daar is ook 'n verskeidenheid voëllewe.

Dié eenheid is aan die hoofhuis gekonnekteer, maar het sy eie privaat ingang. Die eenheid het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Dit beskik oor 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer, kombuisie en 'n sitarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die leefarea het 'n slaapbank wat ideaal is vir 2 kinders.

Die kombuisie is volledig toegerus vir selfsorg met 'n oondjie, tweeplaatstoof, yskassie, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die sitkamer het 'n slaapbank en 'n platskerm-TV teen die muur. Daar is ook WiFi. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Die eenheid het sy eie privaat veranda met sitplek.

Slaapplek

'n Bespreking by Nature's Gem of Mosselbay sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nature's Gem Of Mosselbay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za