Nautica 301

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nautica 301 is in 'n moderne selfsorgwoonstel in 'n veilige gebou in Mosselbaai. Dis perfek vir gaste wat op soek is na moderne verblyf naby die strand en 'n verskeidenheid doendinge.

Die woonstel is op die grondvloer geleë en beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers en lugversorging. Die slaapkamers is toegerus met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens met 'n ruim oopplan-leefarea. Die kombuis is ten volle toegerus en het 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof met 'n oond, 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en 'n tuimeldroër.

Die sitkamer het gerieflike rusbanke, 'n platskerm-TV met vol DStv en 'n DVD-speler. Daar is skuifdeure wat na die veranda toe lei. Dit is toegerus met stoepmeubels en 'n Weber-braai. Die veranda bied ook uitsigte oor die see en omgewing. Die kompleks het ook 'n gemeenskaplike swembad waarvan gaste gebruik kan maak en onderdakparkeerplek vir voertuie.

Nautica 301 is binne loopafstand van die strand en gaste kan uitstekende restaurante, nagklubs en die casino naby ons besoek. Verskeie ander besienswaardighede is net 'n kort entjie se ry van ons af.

Kenmerke

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nautica 301 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za