Nautica 413
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bakke-straat 1, De Bakke, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R995 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Nautica 413 is in Mosselbaai en bied gehalteverblyf aan ’n klein gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, aktiwiteite en besienswaardighede.
Die woonstel bied verblyf aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -sitarea. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed met ’n deur wat na die groot balkon-area lei. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en albei kamers het ’n en suite-badkamer wat elk ’n stort, toilet en wasbak het.
Die kombuis is met ’n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook ’n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Daar is ’n tafel met 4 stoele om by te eet binne die eenheid, en daar is ook ’n tafel met stoele op die balkon. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die sitarea het ’n slim-TV met DStv Now en Netflix en lei na ’n ruim balkon. DStv is beskikbaar met beperkte kanale. WiFi is ook beskikbaar. Daar is ’n standaard Weber-braaier wat gaste kan gebruik.
Die kompleks het 24 uur-sekuriteit en ’n gemeenskaplike swembad. Daar is onderdakparkeerplek wat slegs aan Nautica 413 toegeken is.
Mosselbaai bied verskeie aktiwiteite, soos visvang, skubaduik, gholfspeel, 4x4-roetes, wynproe, bergfietsry, voetslaanroetes en goeie restaurante. Die area bied verskeie besienswaardighede soos die Garden Route Casino, die Kaap St Blaise Vuurtoring en die Bartlomeus Dias Museum.
Slaapplek
’n Bespreking by Nautica 413 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Bakke-straat 1, De Bakke, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Gaste dink Nautica 413 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Die Bakke Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bakke-straat 1, De Bakke, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom