Nautica Apartment 35672

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nautica Apartment 35672 is in 'n veilige kompleks in die hawedorp, Mosselbaai, geleë. Dié streek is bekend vir sy heerlike klimaat deur die jaar, sy goue strande en die groot verskeidenheid natuurlike-, kulturele- en historiese besienswaardighede.

Dié woonstel is op die onderste vloer en het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers wat lugversorging en uitsigte oor die see het. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en toegang tot 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, wasmasjien, tuimeldroër en 'n ontbyttoonbank met stoele toegerus. Die sitkamer het 'n TV met DStv en lei na 'n balkon met 'n see-uitsig en braaigeriewe. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en 24 uur-sekuriteit.

Besienswaardighede in die area sluit die Botlierskop Wildreservaat, die Garden Route Nasionalepark, wynplase, Bothastrand en die Grootbrakrivier-museum in. Doendinge is onder andere visvang, hangsweef, duik, waterski, voetslaan, voëlkyk, walviskyk en perdry in.

Slaapplek

'n Bespreking by Nautica Apartment 35672 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nautica Apartment 35672 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 300 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za