Nella's Joy

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nella's Joy is ‘n selfsorgvakansiehuis sowat 300 m vanaf die strand en langs ‘n groenstrook in Tergniet tussen George en Mosselbaai. Dis die ideale wegbreekplek naby die bekende Seeplaas-restaurant en kunsgalery. Gaste kan ontspan op die groot dek en die uitsig op die Outeniekwaberge in die verte en die groenstrook se fynbos geniet.

Dié huis beskik oor 3 slaapkamers met slaapplek vir 6. Daar is 2 kamers met koningingrootte-beddens en die ander kamer het 2 enkelbeddens op die onderste verdieping. Die badkamer het ‘n bad, dubbelstort, wasbak en toilet. Daar is ook ‘n gastetoilet met ‘n wasbak. Gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is toegerus met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n wasmasjien en tuimeldroër. Die huis bied ‘n binnebraai en ‘n TV met alle DStv-kanale.

Slaapplek

'n Bespreking by Nella's Joy sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nella's Joy gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za