Neltevrede Akkommodasie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Neltverede Akkommodasie is in Reebok in Klein-Brakrivier geleë. Dis perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand.

Kamer 1 is 'n gesinskamer met slaapplek vir 4 gaste (2 volwassenes en 2 kinders). Dit het 'n volledige badkamer, genoeg pakplek, en ook 'n koffiestasie. Dit het 'n balkon met 'n wonderlike see-uitsig wat kalmte en rustigheid bied.

Kamer 2 is geskik vir 2 gaste. Dit het net 'n bad en toilet en ongelukkig geen stort. Dit het ook sy eie satelliet-TV, maar gaste is welkom om ons leefarea ook te gebruik.

Die selfsorg-eenheid is apart van die huis, het geen see-uitsig nie, en het 'n en suite-slaapkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die slaapkamer het lugversorging.

Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond en ingeboude kaste vir breekware en eetgerei. Die sitkamer het 'n slaapbank vir 'n addisionele kind en 'n platskerm-TV. Gaste het ook toegang tot gratis WiFi.

Veilige parkeerplek word voorsien en braaigeriewe is ook beskikbaar.

’n Ekstra R350 per persoon per nag sal gehef word vir addisionele gaste (dit sluit kinders in) wat nie vooraf bespreek nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Neltevrede Akkommodasie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za