Neptune Isle 221

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Neptune Isle 221 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerwoonstel in die Neptune Isle-kompleks teen die seefront in Lagoon Beach, Kaapstad. Dit is naby die MyCiTi-bushaltes.

Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die sitarea bied 'n lieflike uitsig oor die see en op Tafelberg aan die ander kant van die baai. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi.

Die strand is net 'n paar tree vanaf die kompleks en daar is 'n gemeenskaplike swembad in die kompleks. Dis naby Kaapstad Internasionale Lughawe, Kaapstad se middestad en die Weskus. Dit is ideale verblyf vir sakereisigers en vakansiegangers. Doendinge in die area sluit branderplankry, swem en voetslaan in.

Slaapplek

'n Bespreking by Neptune Isle 221 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Dienste

  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Neptune Isle 221 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R890 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za