LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Net Genade | LekkeSlaap
+27

Net Genade

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 33, Merweville, 6940, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (vir 5 persone)

Beskrywing

Net Genade is in Merweville in die Wes-Kaap geleë en bied rustige oornag- of gesinsverblyf. Die huis is naby al die geriewe soos 'n algemene handelaar en vulstasie. Dis oorkant die pragtige ou NG klipkerk wat ook 'n nasionale monument is. Merweville is alombekend vir die Engelsman se graf wat net buite die dorp te siene is. Kom geniet rus en vrede en verkyk jou aan 'n naghemel wat jou hartsnare sal aanraak. Merweville is 'n plek waar die stilte in jou ore raas.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 5 mense. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n bykomende enkelbed in die sit-/eetkamer vir 'n vyfde persoon. Die badkamer is ingerig met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Toiletpapier, handwasmiddel asook stortjel word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, elektriese ketel, broodrooster, elektriese braaipan, eenplaatstofie ("hotplate") en al die nodige eetgerei. Afdroogdoeke, opwaslappe en opwasmiddel word voorsien.

'n Gerieflike sit-/eetkamer is ingerig. Daar is boeke en bordspeletjies beskikbaar vir gaste se gebruik. 'n Ekstra enkelbedjie, wat ook as bank gebruik word, is beskikbaar as (vyfde) slaapplek.

Troeteldiere is welkom, maar gaste moet dit saam met die bespreking reël. Gaste moet in alle behoeftes van hul troeteldier voorsien. Dit sluit slaapgeriewe in (eie bed/komberse). Geen troeteldiere word op beddegoed, banke of stoele toegelaat nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Net Genade sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 45 resensies vir Net Genade
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Voortrekkerstraat 33, Merweville, 6940, Wes-Kaap
  • Gaste dink Net Genade het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (vir 5 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 5 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 33, Merweville, 6940, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAoc6o4CZbnZTWnRZsVTWv1ooul52lO7t4acv1GXzBdSO0r00dYr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (vir 5 persone) 45 5 1 5 33 Voortrekker Street Merweville 6940 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -32.670649306176 21.51389926672
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!