Nettleton House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nettleton House bied selfsorgverblyf in 'n treffende, aardse, ligte en ongekunstelde huis in die vooraanstaande woonbuurt, Clifton. Die huis se asemrowende uitsig van Clifton, die Twelve Apostles-bergreeks en Atlantiese-oseaan plaas hom 'n trappie bo die res. Die huis is ideaal vir 'n familie met 'n jong kind.

Die huis bied 'n heerlike vermaakarea buite wat oor die hele Clifton uitkyk en perfek is om die sonsondergang oor die Atlantiese-oseaan te geniet. Die motorhuis en ingangsvlak word met 'n stel trappies of 'n voertuig-oploop bereik. Van daar af stap gaste met die houttrappe al langs die huis se ongelooflike kunsversameling af na die res van die huis.

Die slaapkamers is op die volgende vlak en daar is 'n hoofslaapkamer en die gas- of kindervleuel. Die slaapkamer beskik oor 'n privaat Bali-sitkamer, 'n dubbelbadkamer, 2 kleedkamers, 'n informele sitkamer en 'n kombuisie. In totaal is daar 6 slaapkamers waarvan 3 kamers elk 'n koninggrootte-bed het. Die ander 3 het elk 'n koningingrootte-bed. Elke kamer het 'n en suite-badkamer waarvan 5 van dié badkamers 'n stort en bad het, en een slegs 'n stort het. Gaste kan hierdie privaat vlak misloop deur van die hysbak of trappe gebruik te maak om op die hoofvlak van die huis te kom. Hiér lei die huis na die landskaplik ontwerpte-tuin, randvloei-swembad en uitgebreide buite-vermaakarea met 'n ingeboude vuurput en 'n speelarea.

Die spasies is ideaal in 'n familie leefarea en meer formele leef- en onthaal areas verdeel. Die familie area verbind die oopplan-kombuis met die sitkamer, studeerkamer en speelkamer. Die formele sitkamer bied toegang tot die mediakamer en die kroeg. Die onderste vlak van die huis huisves die kantoor, 'n gimnasium met 'n badkamer, stoomkamer en sauna, 2 gastekamers en, in 'n aparte vleuel, 2 personeelkamers.

Die huis is met 'n skottelgoedwasser, espresso masjien, ysmaker, lugversorging, verhitting, 'n klanksisteem, TV, teater, kaggel, oefenkamer, WiFi, wasmasjien, tuimeldroër, strykplank en -yster, sekuriteitsisteem, 24 uur gewapendereaksie-alarmstelsel, 'n wynkelder en -stoorkamer, sonstoele, pizza-oond, braaigeriewe en 7 motorhuise toegerus. 'n Skoonmaakdiens, sjef, lughawe pendeldiens en 'n verwelkomingsmandjie is ingesluit. Die villa word ook met basiese benodighede uitgerus en doendinge, uitstappies en 'n huiskneg-diens kan teen 'n ekstra koste bespreek word.

Slaapplek

'n Bespreking by Nettleton House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Wynkelder
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nettleton House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R155 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za