New Beginnings

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

New Beginnings bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n grasdak-kothuis in Parys. Dié kothuis is stapafstand van die rivier af. New Beginnings is in 'n residensiële area in 'n klein kompleks geleë.

Die kothuis het 2 verdiepings, 2 slaapkamers, 1,5 badkamers, 'n sitarea, eetarea, en 'n ten volle toegeruste kombuis. Die hoofslaapkamer is op die boonste vloer en het 'n dubbelbed en badkamer met 'n toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer is onder en het 2 enkelbeddens. Die badkamer op die onderste verdieping het 'n stort, toilet en wasbak.

Die selfsorgkombuis is toegerus met 'n yskas, oond en stoof, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware. Die sitkamer en eetkamer lei na 'n stoep. Daar is nie 'n TV nie, maar wel WiFi, so bring jou skootrekenaar of tablet saam.

Die kothuis het onderdakparkeerplekke en 2 stoepe met 'n draagbare braai en 'n agterstoep. Gaste kan gerus langs die lieflike rivier gaan stap, die unieke winkels besoek, en by een van die puik restaurante gaan eet. Doendinge in die omgewing: gholf, riviervlotvaart en voëlkyk, en meer!

Slaapplek

'n Bespreking by New Beginnings sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na New Beginnings gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za