Nasionale Krugerwildtuin Suid Akkommodasie by Ngwenya 200 | LekkeSlaap
+7

Ngwenya 200

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Whisky Plaas, Tenbosch Pad, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 211 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ngwenya 200 is op die pragtige oewer van die Krokodilrivier geleë en kyk uit oor die suidelike grens van die Krugerwildtuin.

Die eenheid bied gemaklike slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer is met 'n bad toegerus. Die slaapbank in die leefarea bied nog 2 slaapplekke.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond, 'n skottelgoedwasser en oorgenoeg kaste om die breekware en eetgerei te stoor. Die sitkamer het 'n leerbank, slaapbank en 'n platskerm-TV met sekere DSTV-kanale. Die leefarea lei na 'n stoep met 'n eetkamerstel, 'n ingeboude braai en panoramiese uitsigte oor die Krokodilrivier en die wildtuin.

Gaste het toegang tot Ngwenya Lodge se geriewe wat 'n spa, restaurant, vermaakarea vir kinders, 'n snoepie, swembaddens en tennisbane insluit.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte

Hier praat ons

  • Afrikaans

Ligging

  • Whisky Plaas, Tenbosch Pad, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 211
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 211
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Whisky Plaas, Tenbosch Pad, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg4NTFiZGJmLWYxNTEtNGU1ZC05MWViLTQyYjE5NWIxMmJiZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 211  per nag (plek vir 4) Farm Whisky Tenbosch Road 1340 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.37668 31.858803
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za