Nasionale Krugerwildtuin Suid Akkommodasie by Ngwenya 240 | LekkeSlaap
+8

Ngwenya 240

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Whisky Plaas, Tenboschpad, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 309 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Ngwenya 240 is op die skilderagtige oewer van die Krokodilrivier geleë en dit kyk uit oor die suidelike grens van die Krugerwildtuin.

Die eenheid bied gemaklike slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Daar is 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer bevat 2 enkelbeddens en daar is 'n stort in die tweede badkamer. Die slaapbank in die leefarea bied slaapplek vir 2 bykomende kinders.

Die leefarea het 'n oopplan-uitleg en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond, 'n skottelgoedwasser, en oorgenoeg ingeboude kaste vir die stoor van breekware en eetgerei. In die sitkamer is daar 'n leerbank, 'n slaapbank en 'n platskerm-TV met 'n DStv-hotelpakket. Die leefarea lei na 'n patio met 'n buite-eetkamerstel en 'n ingeboude braai - dit alles met 180°-uitsigte oor die Krokodilrivier en die wildtuin.

Gaste het toegang tot al Ngwenya Lodge se geriewe wat 'n spa, 'n restaurant, vermaakarea vir kinders, 'n snoepwinkel, swembaddens en tennisbane insluit.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Ligging

  • Whisky Plaas, Tenboschpad, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 309
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 309
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Whisky Plaas, Tenboschpad, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI5NjY2MDBkLTBkMmUtNDAwZS05NGNhLTZkMjkxNGZhNzE2OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 309  per nag (plek vir 6) Farm Whisky Tenbosch Road 1340 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.37668 31.858803
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za