Nice by Nature Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nice by Nature is 'n pragtige gastehuis, huweliksonthaal- en konferensiesentrum, geleë in die omgewing van Honeydew/Muldersdrift. Dit is slegs 25 minute vanaf Sandton en 20 minute van Lanseria Lughawe af.

Ons het 16 en suite-kamers, waarvan 6 gesinskamers ia, wat uit 1 dubbelbed en 2 stapelbeddens bestaan, geskik vir kinders. 8 Kamers, insluitend die wittebrood-suite, het buitelugstorte wat 'n heerlike bederf is in die somermaande. Al die kamers is stylvol versier en ons verseker gerieflike verblyf.

Die sprankelende swembad en tennisbaan, lapa en boma is vir die eksklusiewe gebruik van die inwoners. Daar is 'n lieflike, knus sitkamer en kroegarea en 'n helderkleurige eetkamer vir ontbyt in die winter en 'n sonnige stoep vir ontbyt in die somer.

Ons bied daagliks 'n volledige ontbyt, bestaande uit ontbytgraan, vars vrugte, joghurt, sap, eiers, spek, tamatie, worsies, sampioene of boontjies, muffins, roosterbrood en tee en koffie.

Ons konferensiegeriewe kan tot 100 afgevaardigdes akkommodeer. Ons bied halfdag, voldag en voldag met akkommodasie-pakkette. Spanbougeleenthede is ook moontlik. Al ons etes word daagliks vars voorberei in ons groot plaaskombuis.

Ons kapel is ideaal vir 'n kleiner, meer intieme troue. Die ontvangskamer kyk uit oor die Wilgespruitrivier en is baie afgesonder en privaat. Ons kan met 100 gaste gerieflik akkommodeer. Alle troues word pasgemaak om aan die huwelikspaartjie se behoeftes te voldoen.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nice By Nature Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 150 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za