Nina's Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nina's Place bied gemaklike verblyf in 'n opgeknapte dubbelkamer in 'n pragtige ou Kaapse huis in die dorpie, McGregor. Die huis het 'n grasdak, tradisionele rietplafonne en houtdeure en is oorkant Millstone Pottery and Gallery geleë waar die gashere, Paul en Nina, al vir 20 jaar keramiekware in droogoonde wat met hout gestook word produseer.

Die dubbelkamer het sy eie ingang en gaste het toegang tot parkeerplek op die perseel naby die kamer. Die kamer het 'n Victoriaanse dubbelbed met katoenperkallinne, 'n en suite-badkamer met 'n handgemaakte wasbak en 'n teëlpaneel wat van die eienaars se keramiekateljee af kom. Badhanddoeke en tee- en koffiemaakgeriewe word ook voorsien.

Gaste is welkom om met die eienaars te gesels en te vra dat hulle hul kuns demonstreer. Die studio is 7 dae per week oop en gaste is welkom om te kom rondkyk. Keramiekslypskole is ook beskikbaar vir groepe waartydens die droogoonde gebruik word. Paul en Nina bly al vir 20 jaar in McGregor en deel graag hul kennis van die area. 'n Ontbytmandjie kan op versoek voorsien word en gaste kan hulle ontbyt op die stoep of in die kamer geniet. Daar is ongelukkig geen kombuisgeriewe nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nina's Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]