Ninety North Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ninety North Guest House is 'n luukse gastehuis in Ferndale, naby aan Sandton, Cresta, Randburg en Bryanston. Ons is heeltemal toegewy tot ons gaste en die verblyf wat ons bied is ideaal vir sake- en vakansiereisigers. Ontspan in die kalm tuin-atmosfeer na 'n besige dag in Johannesburg.

Die akkommodasie bestaan uit 2 villas met gevestigde tuine en volop voëllewe. Elke villa het ruim slaapkamers met en suite-badkamers, 'n sitkamer, eetkamer- en stoeparea en 'n heerlike swembadjie. Veilige parkeerplek van die straat af word voorsien.

Kom klop by ons aan as jy belangstel in die volgende besienswaardighede: Lesedi Kultuurdorp, Maropeng Museum, die Wieg van die Mensdom ('n erfenisgebied), Bryanston Buiteklub en gholfbaan, Sandton, Cresta en Northgate se legio winkels. Ons is naby aan die N1 wat dit ideaal maak vir sakereisigers wat vinnig by die sakesentra in die noordelike voorstede wil uitkom. En ons is ook net 20 minute van Lanseria Lughawe af.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Blaaibord
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ninety North Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false