Constantia Akkommodasie by Nirvana | LekkeSlaap
+45
+45

Nirvana

Selfsorg
  • Vanaf R14 500 per nag (plek vir 10)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nirvana-weg 11-13, Deudrif, Constantia, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Nirvana bied selfsorgverblyf in 'n enkelverdiepinghuis met 6 slaapkamers wat in 'n stil doodloopstraat in Constantia naby die bekende Constantia-wynroete geleë is. Die huis is gerieflik stapafstand van Constantia Village af waar jy kruideniersware kan koop en restaurante kan besoek.

Die huis is ruim en het slaapplek vir 12 gaste in 5 slaapkamers en 'n speelkamer met 2 enkelbeddens vir kinders. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en lei na die swembadarea. Daar is 'n speelkamer langsaan wat ideaal is vir klein kinders wat naby hulle ouers wil wees. Die tweede slaapkamer het 'n stapelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Dié 2 kamers deel 'n badkamer. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met die vierde slaapkamer. Daar is ook verskeie ander ruimtes vir bababeddens in dié groot huis.

Die huis het 'n moderne oopplan-leefarea. Die oopplan-leefarea is lekker ruim en het volledige DStv. Dit lei na 'n stoep langs die swembad waar gaste kan braai. Die huis het ook 'n eetarea met 14 stoele, 'n selfsorgkombuis en 'n waskamer/opwaskamer langsaan. Daar is 'n speletjieskamer met 'n pool-tafel en veerpyltjiebord wat ook na die swembad lei. Die huis het ook 'n groot grasperk, omheinde swembad, trampolien en 'n klimraam vir kinders.

Verder is daar onbeperkte WiFi, 'n dubbelmotorhuis en parkeerplek agter afstandbeheerhekke. Die perseel het die ideale ligging vir gaste wat die wynroete wil verken en Houtbaai en Valsbaai se strand wil besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Nirvana sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Nirvana-weg 11-13, Deudrif, Constantia, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R14 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf R14 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf R14 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nirvana-weg 11-13, Deudrif, Constantia, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGMxYzQ1OTM4LTVjM2MtNDQzMi1iOWRmLTllNzE3OWM1YTFiYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R14 500  per nag (plek vir 10) 11-13 Nirvana Way Deudrif, Constantia 7806 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.024852010312 18.444729298353
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za