No. 10 See 2 Sea
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barracuda Boulevard 670, Ray Nkonyeni, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R950 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
No. 10 See 2 Sea is in Hibberdene aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë en bied vakansieverblyf vir ’n klein gesin of groep vriende. Dis 50 m van die strand af en maklik bereikbaar vanaf winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.
Daar is 3 slaapkamers en 2 badkamers en slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en en suite-badkamer. Die tweede kamer het ’n koninggrootte-bed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Daar is ’n bad, stort, toilet en wasbak in die tweede badkamer.
Die kombuis is toegerus met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.
Daar is gemaklike banke en ’n TV in die sitarea, wat na ’n balkon met ingeboude braai en ’n eetarea lei.
Veilige parkeerplek word voorsien in ’n toesluitmotorhuis en daar is hekke met toegangsbeheer. Die kompleks het elektriese omheining en betonmure.
See 2 Sea is sowat 600 m van die Blouvlagstrand af.
Slaapplek
’n Bespreking by No. 10 See 2 Sea sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Barracuda Boulevard 670, Ray Nkonyeni, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
- Gaste dink No. 10 See 2 Sea het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hibberdene Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barracuda Boulevard 670, Ray Nkonyeni, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom