No. 2 Beach Club

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Feb 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

No. 2 Beach Club is op die veilige Beach Club Landgoed op Houtbaai se strand. Dié luukse huis is het alles wat 'n gaste sou benodig vir 'n selfsorgvakansie. Geniet 'n ononderbroke uitsig oor die strand, baai en op die legendariese Chapmanspiek vanuit die sitkamer, van die balkon en daktuin af terwyl jy aan 'n skemerkelkie teug.

Dié dubbelverdieping huis bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers. Die boonste verdieping het 'n onthaalarea met 'n kombuisie en 'n slim-TV met DStv. Dubbeldeure bied toegang na 'n balkon met 'n 180°-see- en berg-uitsig. Daar is ook 'n 'n gastebadkamer met 'n stort. Heel bo is 'n onthaalarea op die dak.

Die ruim hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en 'n vol en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Dit het ook 'n slim-TV met DStv en lugversorging. Die grondverdieping het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Beide kamers het plafonwaaiers en lei na 'n patio.

Die leefarea op die grondverdieping het 'n oopplan-uitleg wat 'n gerieflike vloei tussen die kombuis, eetkamer en die buitebraai-area verseker. Daar is ook 'n pizza-houtoond op die stoep. Die kombuis is volledig toegerus met 'n skottelgoedwasser, tuimeldroër, wasmasjien en koffiemasjien.

Verder bied die eenheid 'n dubbelmotorhuis in die kelderparkeerarea. 'n Hek met 'n sekuriteitskode bied direkte toegang tot die strand. Daar is ook twee braaiplekke. Op die balkon is daar 'n gasbraai en vir winderige dae is daar 'n heerlike beskutte boma en 'n kuiertafel.

Slaapplek

'n Bespreking by No. 2 Beach Club sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na No. 2 Beach Club gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 R2 000 per nag (plek vir 6)

Kry 20% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Feb 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za