No 5 De Reyge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

No 5 de Reyge is in Jeffreysbaai geleë en dis net 500 m van die hoofswemstrand af. Dis ook naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.

Dié selfsorg-eenheid is op die tweede verdieping en het slaapplek vir 4. Daar is 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, wasmasjien, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 4.

Die sitarea lei na 'n balkon met braaigeriewe en 'n tafel met stoele.

Daar is veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by No 5 De Reyge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na No 5 De Reyge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za