Kommetjie Akkommodasie by No.12 The Point | LekkeSlaap
+20

No.12 The Point

Selfsorg
  • Vanaf R7 238 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Point-weg 12, Kommetjie, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

No.12 The Point is 'n bekoorlike selfsorghuis wat 1 minuut se stap vanaf Kommetjie se strand geleë is. Dié vakansiehuis is perfek vir 6 mense wat op soek is na 'n gerieflike wegbreek uit die stadsgewoel.

No.12 The Point is smaakvol ingerig en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping geleë en het 'n balkonnetjie, 'n koninggrootte-bed en 'n aparte badkamer. Die tweede slaapkamer is ook op die boonste verdieping en beskik oor 4 enkelbeddens. Die derde slaapkamer is op die onderste verdieping en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort.

Die vierde slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en daar is 'n en suite-stort. Die leefarea het 'n oopplan-ontwerp en die kombuis is goed toegerus vir selfsorg. Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar en daar is 'n DStv-koppelpunt in die leefarea.

Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakstoep met 'n gasbraaier. Gaste kan lekker afkoel in die swembad. Daar is ook 'n klimraam, 'n trampolien en 'n sandput vir die jongspan.

'n Skoonmaakdiens is 3 keer per week beskikbaar. Veilige parkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar. No.12 The Point is stapafstand van die dorp, Slangkop-vuurtoring en Long Beach.

Slaapplek

’n Bespreking by No.12 The Point sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Point-weg 12, Kommetjie, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R7 238
per nag (plek vir 6)
Vanaf R7 238
per nag (plek vir 6)
Vanaf R7 238
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Point-weg 12, Kommetjie, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcxNDJmZjBlLTViZDMtNDRhNy1hN2Q3LTRlZTMyNTljODAyNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R7 238  per nag (plek vir 6) 12 Point Road Kommetjie 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.13294 18.33618
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za