Nocellara Del Belice

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nocellara Del Belice is 'n selfsorg-villa in Kleinemonde, 'n idilliese plek by die monding van die westelike Kleinemonde-vleiland en teen Kleinemonde se Blouvlagstrand.

Die huis spog met interessante argitektuur, ruim vertrekke en 6 leefareas. Daar is 4 slaapkamers waarvan 2 en suite-slaapkamers is, 1 met 'n koninggrootte-bed en die ander een met 'n koningingrootte-bed. Die ander 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort en bad en het elk 2 enkelbeddens (minimum 4 persone per nag).

Die kombuis is volledig toegerus met 2 gas- en elektriese oonde, 'n yskas, vrieskas, wasmasjien, koffiemasjien, breekware en eetgerei. Die oopplan-kombuis is langs die eetarea met tafels en stoele vir 8 gaste. Daar is 'n kuierkamer buite met konsertinadeure wat heeltemal die braai-area heeltemal oopmaak. Daar is heelwat leefareas binne en buite vanwaar gaste die wonderskone uitsigte kan geniet.

Die huis het ook 'n dubbelmotorhuis, 'n alarm, paniekknoppies, 'n buitestort en 'n mosaïek-area waar gaste vis en sanderige voete kan skoonmaak. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie. Daar is 'n tafeltennistafel en verskeie ander speletjies waarmee gaste hulself kan vermaak. (Minimum 4 persone per nag.)

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nocellara Del Belice gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 400 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za