Noordhoek Beach Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Noordhoek Beach Cottage is ’n oulike selfsorgkothuis tussen dennebome geleë, en slegs ’n kort entjie vanaf Noordhoek se strand, Monkey Valley en Red Herring restaurante. Word wakker met die getjirp van voëls en die sussende geluid van die wind deur die blare.

Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en het 1 slaapkamer, ’n solderkamer bo, 1 badkamer en ’n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en Franse deure wat na ’n stoep met berguitsigte lei. Die solderkamer het 2 enkelmatrasse en die badkamer beskik oor ’n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n yskas-vrieskas, stoof en oond, mikrogolfoond asook ’n wasmasjien. Die eetarea het ’n etenstafel met sitplek vir 4 en die leefarea het deure wat na ’n groot stoep lei wat van die wind beskerm is. Daar is ook braaigeriewe en meubels op die stoep.

Daar is 2 parkeerplekke voor die kothuis.

Slaapplek

'n Bespreking by Noordhoek Beach Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Noordhoek Beach Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 299 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za