Noordhoek Akkommodasie by Northshore Lake Michelle | LekkeSlaap
+20
+20

Northshore Lake Michelle

Selfsorg
  • Vanaf R7 145 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Northshore-rylaan 1, The Lakes, Lake Michelle, Noordhoek, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Northshore Lake Michelle bied gemaklike en veilige selfsorgverblyf in 'n stylvolle vierslaapkamerhuis in die veilige Lake Michelle-landgoed in Noordhoek, naby Noordhoekstrand.

Hierdie ruim huis bied slaapplek aan 8 gaste in 4 slaapkamers. Voor die huis is die buite-eetarea en erf met braaigeriewe, asook tafeltennis. Die indrukwekkende vensters laat baie lig in. Die moderne kombuis het 'n Nespresso-masjien, 'n lugbraaier, oond, stoof. skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër.

Links van die huis is daar 'n groot en suite-slaapkamer met 'n koningingrootte-bed. Hierdie slaapkamer lei na die erf en die meer en dit bied 'n pragtige uitsig op die berg. Agter hierdie slaapkamer is daar 2 slaapkamers met toegang tot 'n badkamer wat gedeel word. Een van die slaapkamers het 2 driekwartbeddens en die ander slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping geleë en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n koninggrootte-bed. Die sitkamer met 'n TV en sekere DStv-kanale is aan die regterkant van die huis.

Dié huis is die ideale plek vir gesinne wat op soek is na 'n veilige omgewing waar jy kan braai, tafeltennis speel of op die erf kan visvang. Die ligging bied toegang tot winkels, strande, wynplase en die pragtige Chapman's Peak-rylaan.

Slaapplek

’n Bespreking by Northshore Lake Michelle sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Northshore-rylaan 1, The Lakes, Lake Michelle, Noordhoek, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R7 145
per nag (plek vir 8)
Vanaf R7 145
per nag (plek vir 8)
Vanaf R7 145
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Northshore-rylaan 1, The Lakes, Lake Michelle, Noordhoek, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM0ZDNkM2M0LTdmOTgtNDFhZi05Yzk4LTgxZmYxY2U1ZTQyYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R7 145  per nag (plek vir 8) 1 Northshore Drive, The Lakes Lake Michelle, Noordhoek 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.115846184027 18.377962166687
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za