NThambo Tree Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

nThambo Tree Camp is in die hartjie van die Klaserie Privaat Natuurreservaat geleë. Hierdie reservaat grens aan die Krugerwildtuin sonder 'n heining, is wes van Timbavati en strek oor 60 000 hektaar aan weerskante van die Klaserierivier.

nThambo Tree Camp is die susterkamp van Africa on Foot en bied bekostigbare dog luukse verblyf in 5 hout-permatente wat op stelte in die boomtoppe gebou is. Elke eenheid beskik oor of 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed, muskietnette, 'n en suite-badkamer, lugversorging en 'n privaat deur wat lei na die tuin en na die gedeelde sitkamer, eetarea en kroeg.

Gaste kan die uitsigte oor die Afrika-vlaktes en die veraf Drakensberge sommer van die privaat stoep af geniet. Maaltye word in die eetarea bedien en die kamp het ook 'n oop boma met 'n kaggel. Die dek het 'n plonspoel.

Ander geriewe sluit 'n bibliotekie in en WiFi is in die sitkamer beskikbaar.

Kenmerke

  •  Swembad

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na NThambo Tree Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 190 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za