Nunuburd Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nunuburd Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n gastehuis in Glenwood, ongeveer 800 m van UKZN Howard College se kampus en sowat 5 km van Durban se middestad af.

Die verblyf word in 6 kamers aangebied. Elke kamer is smaakvol ingerig en die ruim kamers het ook elkeen 'n privaat ingang en en suite-badkamer. Daar is 'n TV, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in elke kamer. Elke kamer word daagliks skoongemaak. Sommige kamers het ook sekere DStv-kanale en lugversorging. Tee, koffie, suiker, warm sjokolade, suiker, melk, stortkeppies, seep, sjampoe, linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Daar is 'n gemeenskaplike kombuis wat 24 uur per dag oop is vir gaste se gebruik. Die gastehuis het ook 'n swembad en veilige parkeerplek van die straat af op die perseel. Elke gas ontvang 'n afstandbeheer om by die eiendom in en uit te gaan. Daar is 'n sekuriteitswag saans aan diens. Maaltye, pendeldienste, 'n wasgoeddiens en internettoegang is beskikbaar indien vooraf gereël.

Nunuburd Lodge is ongeveer 1 km van Entabeni Hospitaal, 1,5 km van St. Augustine's Hospitaal, 2,9 km van Musgrave Sentrum en 7,2 km van die Pavilion Winkelsentrum af geleë. Durban se strand is sowat 15 minute weg. Plaaslike besienswaardighede sluit sportvenues, die ICC en uShaka Marine World in. Die byderwetse, gewilde Davenport-distrik is net sowat 5 minute weg en gaste kan daar 'n maaltyd of drankie by een van die verskeie restaurante gaan geniet. Florida-weg se gewilde uithangplekke is ook net 15 minute hiervandaan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nunuburd Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za