Nut Grove Manor
Beskrywing
Nut Grove Manor is 'n verskuilde juweel in die Laeveld waar jy kan ontspan en jouself verlustig in die privaat familie-atmosfeer wat deurdrenk is met geskiedenis. Die ligging is uitstekend - naby al die besienswaardighede en doendinge in die omgewing. Dit is ideaal vir vakansiegangers en sakereisigers, net 'n entjie van die gebaande weë af. Ons lieflike, subtropiese tuin is bekend vir sy rustigheid en sy panoramiese uitsig oor die perseel.
Ons het 10 suites. Pistachio en Macadamia word verhuur vir selfsorg (ontbyt kan gereël word) en die ander 8 suites word bespreek vir B&B. Elke suite het sy eie badkamer, TV en koffie- en teemaakgeriewe.
Die lieflike subtropiese tuin is baie gewild en bied vrede en panoramiese uitsigte oor die omliggende omgewing - dit maak hierdie lêplekkie besonders. Veilige parkeerplek en 'n swembad is beskikbaar.
Nut Grove Manor is naby 'n hele paar van die Laeveld se besienswaardighede, soos die Krugerwildtuin, en puik geriewe soos die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe. Ons streef daarna om meer as net verblyf te bied en ons is oortuig dat ons persoonlike diens en aandag aan detail onvergeetlike verblyf tot gevolg het.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Geriewe
- Swembad
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Blaaibord
- Witborde
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Nut Grove Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |