Hemel-en-Aarde Valley Akkommodasie by Nuwejaarsrivier B&B | LekkeSlaap
+14
+14

Nuwejaarsrivier B&B

7 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R600 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nuwejaarsrivier, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Nuwejaarsrivier plaas-akkommodasie is op die R43 roete geleë, nie ver van Botrivier, Kleinmond en Hermanus af nie. Ons is baie naby aan Arabella Gholflandgoed en Arabella Hotel & Spa.

Die akkommodasie bestaan uit 'n en suite-kamer met 'n dubbelbed, 'n tweede en suite-kamer met 2 enkelbeddens en 'n derde en suite-kamer met 'n driekwartbed. Die kombuis is toegerus vir 6 mense en bied 'n yskas/vrieskas, 'n mikrogolfoond en 'n tweeplaatstoof met 'n oond. Die oopplan TV-kamer skakel met die kombuis. Al die vertrekke loop op die stoep uit met 'n pragtige uitsig op die plaas en daar is ook braaigeriewe vir die gaste wat lus word vir 'n tjoppie.

Kort veilige staproetes kan op die landgoed geniet word en as tyd nie 'n faktor is nie kan die vissermanne hul lyne in die Botrivier natmaak. Daar is verskeie pragtige gholfbane binne 'n 50 km radius van die Nuwejaarsrivier af en die see is ook net 'n hanetreetjie hiervandaan. Rustigheid en gasvryheid is ons strewe.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 7 resensies vir Nuwejaarsrivier B&B
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Nuwejaarsrivier, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nuwejaarsrivier B&B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nuwejaarsrivier, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJjZTZiMzQ1LWQ0ODEtNGRjNy1iZGQxLWFhN2UyM2QxZmVjNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (vir 2 persone) 7 5 1 5 Nuwejaarsrivier Kleinmond 7195 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.296532753311 19.1502361513
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za