Oak Lane Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oak Lane Cottages is op 'n vrugteplaas in die Elginvallei en bied verblyf in 'n ongekunstelde, ontspanne omgewing.

Gaste kan kies tussen 7 kothuise wat ten volle toegerus is: Granny Smith, Golden Delicious, Songold, Starking, Bon Rouge, Braeburn en Rosemarie. Elke kothuis is ingerig met 'n kombinasie van dubbel-, enkel- of stapelbeddens en daar is ook 'n privaat badkamer met 'n bad of 'n stort in elke huisie. Elke kothuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en 'n oond. Die kothuise het ook kaggels en braaigeriewe buite. 'n Funksielokaal kan vir intieme troues of partytjies gehuur word. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie en rook is verbode in die eenhede.

Doendinge op die plaas sluit in voëlkyk, pieknieks en swem by die dam, wandelinge en bergfietsry aangesien die Lebanon Bergfietsroete op die plaas begin. Die prentjiemooi dorpies Hermanus en Greyton, Pringlebaai en Bettysbaai is net 'n entjie se ry ver. Gaste kan ook die plaasstalle, die Elgin Railway Market en verskeie restaurante en wynproe-venues in die omgewing besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  DVD-speler
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oak Lane Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za