Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oakdene Guest House

B&B
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baron van Reede-straat 99, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 125 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Oakdene Gastehuis is in die hartjie van Oudtshoorn geleë. Die karakter van die gastehuis vertel die storie van 'n era wat verby is ? die bloeitydperk van volstruisvere. Dié bekoorlike Victoriaanse huis is een van die oudste huise in Oudtshoorn en dateer uit 1853. Oakdene is in 1988 as 'n Nasionale Monument verklaar.

Oakdene het 6 ruim slaapkamers met en suite-badkamers, toegerus met 'n bad of stort. Al die kamers is privaat en het lugversorging, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, WiFi-toegang, kluis, haardroër, badgeriewe en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kry ook elektriese komberse in die winter en ander geriewe om jou verblyf aangenaam te maak. Die nuwe tropiese tuin en swembad, tuinmeubels, sonstoele en sambrele is ideaal vir sonnige dae. Ontbyt word bedien in die plaaskombuis of buite op die patio wat op die tuin uitkyk. Veilige onderdak-parkeerplekk is beskikbaar op die perseel.

Oakdene is beskut onder akkerbome in die middel van Oudtshoorn, op die hoof-toeristeroete. Ons is stapafstand vanaf die middedorp en bekende restaurante waar jy plaaslike wyne en heerlike volstruis-steaks kan geniet. Sedert Julie 2017 is Oakdene onder nuwe Belgiese eienaarskap en 'n 3 maande lange opknapping sal dié huis se historiese Victoriaanse karakter opnuut na vore bring.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 19 resensies vir Oakdene Guest House
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Daniel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Jaar gelys 15

Ligging

  • Baron van Reede-straat 99, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oakdene Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 125
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 125
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baron van Reede-straat 99, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI1ODkwMDlkLWU4OGYtNDZmYi04MjZiLTM3M2RjYTY5YmIwOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 125 per nag, vir 2 mense 19 5 1 5 99 Baron van Reede Street Oudtshoorn 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.583127447013 22.204313278198
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem