LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Oaklands Lodge | LekkeSlaap
+19

Oaklands Lodge

16 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gray Park-weg 341, Bluff, Durban, 4052, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Oaklands Lodge is in 'n stil area, die Bluff, geleë waar verkeer beperk is tot die inwoners van slegs twee ander huise. Dit is baie gerieflik geleë naby alle geriewe en voorsien in al die behoeftes van vakansiegangers en sakelui. As die gashere van Oaklands Lodge, roem ons onsself daarop dat gaste 'n goeie nagrus in 'n gemaklike bed geniet. Ons glo ons suites is goed toegerus met alles wat nodig is vir genotvolle verblyf.

Die selfsorgwoonstelle het lugversorging en 1 of 2 slaapkamers.

Die suites op die eerste vloer (Acorn en Sea Breeze) het elkeen 2 slaapkamers met uitsigte oor die see en swembad vanaf groot stoepe met klipbraaiplekke. Daar is
enkel- of koninggrootte-beddens in die slaapkamers en 'n slaapbank in die sitkamer. Elkeen het 'n toilet, stort en wasbak, volledig toegeruste kombuis en 'n sitkamer met 'n televisie en DStv-pakket. Die maksimum inwoners vir Sea Breeze is 4 en vir Acorn 6 (4 volwassenes en 2 kinders).

Die suites op die grondvloer (Squirrel's Nest en Oak Leaf) het elkeen 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n toilet, stort en wasbak, volledige kombuisie, 'n leefarea met nog 'n enkelbed of slaapbank, 'n TV met 'n DStv-pakket en 'n buite-area waar jy kan braai en ontspan. Al die eenhede het plafonwaaiers. Daar is slaapplek vir 'n maksimum van 3 volwassenes, of 2 volwassenes en 2 kinders onder die ouderdom van 10.

Die B&B-suites (Tapestry en Quilt) het lugversorging en is aan die hoofhuis gekoppel met 'n aparte ingang via 'n patio, wat toegerus is met tafels en stoele. Die suites het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, 'n en suite-toilet, stort en wasbak, 'n yskas, 'n televisie met DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe. Die suites bied uitsigte oor die tuin. Albei mag ook sonder ontbyt bespreek word, maar daar is nie selfsorg-geriewe nie. 'n Skinkbord met tee, koffie en beskuitjies word met aankoms voorsien.

Die instansie het 'n tropiese tuin en 'n groot, kristalhelder swembad. Elke suite het sy eie parkeerarea agter die elektroniese hekke. Om so naby die natuurreservaat te wees, verleen volop voël- en skoenlapperlewe en gereelde besoeke deur blouapies. Wasgeriewe word voorsien. Volgens ons gaste is die ontbyt stewig en smaaklik. Ons poog om vir alle dieetvoorkeure voorsiening te maak. Aandete is ook beskikbaar op versoek as 'n opsionele ekstra.

Gaste word versoek om hul eie swemhanddoeke te voorsien aangesien dié wat voorsien word deur die onderneming, nie gebruik mag word vir swem of branderplankry nie. Rook is verbode in alle suites.

Eenhede word daagliks skoongemaak behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 16 resensies vir Oaklands Lodge
Netheid
4.1/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
3.9/5

Ligging

  • Gray Park-weg 341, Bluff, Durban, 4052, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Oaklands Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gray Park-weg 341, Bluff, Durban, 4052, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRjYzcyOWY4LTdkYWItNGFkYS1iMWY4LWY0MjM0Zjk3NzRmMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (vir 2 persone) 16 5 1 5 341 Gray Park Road Bluff 4052 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -29.943156249568 31.000328063965
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!