Obie's Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Obie's Place is 'n gerieflike vakansiehuis met slaapplek vir tot 14 gaste in Keimond.

Dié ruim huis het 3 slaapkamers en addisionele slaapareas. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n enkelslaapbank en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde kamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed.

Die sitkamer kan ook in 'n slaapkamer omskep word met 'n dubbel- en driekwart bed. Daar is ook 'n koninggrootte-bed in die motorhuis en ekstra matrasse kan op versoek teen addisionele koste voorsien word. Daar is nog 'n badkamer met 'n stort wat die kamers deel, asook 'n buitestort.

Die kombuis het ’n vierplaat-stoof, tweeplaat-gasstoof, 'n mikrogolf, yskas en koffie- en teemaakgeriewe en maaltye kan in die eetarea geniet word. Die sitarea het ’n TV en basiese DStv-kanale is beskikbaar. Gaste moet hul eie dekodeerder en slimkaart saambring indien hulle meer DStv-kanale wil kyk.

Die huis het 'n groot grasperk waar 2 tente opgeslaan kan word en daar is braaigeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Obie's Place is ook troeteldiervriendelik.

Obie's Place is net 1 km vanaf Keimond, die Groot Keirivier en lieflike skoon strande waar lewensredders vakansietye aan diens is. Doendinge in die omgewing sluit diepseevisvang, perdry- en staproetes, en 'n besoek aan die Cape Morgan Natuurreservaat in.

Slaapplek

'n Bespreking by Obie's Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Dubbelbed
1 x Enkelslaapbank

-

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank

Area 1 - Huisves 4 volwassenes en 4 kinders
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
2 x Kindermatras vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Obie's Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 14)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za