Ocean Breeze Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Op die Nippertjie-aanbod 15 % af

Kry 15% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Ocean Breeze Cottage is ideaal geleë net 300 m van die bekende 5 km lange strande van die Strand af. Dit is die ideale plek om te kom ontspan en om ons pragtige omgewing te verken. Die bekoorlike kothuis het nog sy oorspronklike houtvloere wat gekomplementeer word deur 'n stylvolle nuwe kombuis en 'n badkamer. Net 'n paar minute se stap en jy is op die strand! Jy kan lekker swem of wandel soos die son ondergaan.

Ocean Breeze Cottage bied akkommodasie vir tot 4 gaste. Dit sluit 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n leefkamer met 'n dubbelslaapbank, 'n LCD-TV met volle DStv en 'n DVD-speler in. Daar is 'n ten volle toegeruste kombuis vir selfsorg. Die badkamer het 'n bad, stort en 'n toilet. Linne word voorsien en geruil vir langtermyn-verblyf. Daar is 'n buitebraai en veilige parkeerplek vir 1 voertuig agter 'n hek.

Die Strand is sentraal geleë vir die verkenning van die wynroetes van Stellenbosch en Franschhoek, of die skilderagtige rit al langs die Walviskus van Hermanus. Ons word omring deur die Hottentots-Hollandberge waar jy kan voetslaan en fietsry op jou drumpel. Kaapstad is net 40 minute van ons af waar jy Robbeneiland kan besoek, met Tafelberg kan opgaan in die kabelkarretjies of kan gaan inkopies doen by die V&A Waterfront.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ocean Breeze Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 063 R903 per nag (plek vir 4)

Kry 15% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za