Ocean Mile Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ocean Mile Villa bied selfsorgverblyf in 'n pragtig ingerigte boetiek-villa met oorgenoeg luukshede. Dié privaat villa lê in die pragtige kuswoud in 'n veilige vakansieoord in Chintsa.

Die villa het slaapplek vir 10 gaste in 5 en suite-slaapkamers. Die vyfde slaapkamer is 'n aparte woonstel. Die villa het 'n privaat swembad met 'n kroegarea, braaigeriewe en 'n swembadkamer rmet yskassies, 'n klankstelsel en gemaklike sitplek. Elke slaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed met 100%-katoenlinne. Bad- en strandhanddoeke word voorsien. Die lieflike kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, 'n oond en stoof, mikrogolfoond en 'n koffiemasjien vir koffieliefhebbers. Die villa het WiFi en daar is oorgenoeg parkeerplek buite.

Dié villa is nie direk op die strand geleë nie, maar die privaat en afgesonderde omgewing is die perfekte plek om lekker te ontspan ná 'n dag op die strand. Dis sowat 5 minute se stap vanaf 'n pragtige strand en riviermonding. Ocean Mile Villa is ideaal vir 'n groep vriende of 'n groot gesin wat smag na 'n heerlike seevakansie met tientalle doendinge en besienswaardighede daar naby.

Slaapplek

'n Bespreking by Ocean Mile Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ocean Mile Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za