Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Linda

Selfsorg
Linda
Vanaf
Vanaf R2 150
per eenheid
Beskrywing

Ocean One - Linda is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige gebou, met ongelooflike uitsigte oor die see in Mosselbaai in die Wes-Kaap. Dit is die perfekte plek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf na aan verskeie doendinge en besienswaardighede. Die woonstel het 2 slaapkamers en 2 badkamers en elkeen het 'n stort. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n groot skuifdeur wat na die patio met onbelemmerde see-uitsigte lei. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis en sitkamer is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, 'n oond met 'n stoof, 'n wasmasjien, 'n skottelgoedwasser en ingeboude kaste met eetgerei en breekware en ander toestelle. Die sitkamer het gemaklike sitplek en daar is 'n TV met 'n DVD-speler en volledige DStv. Die sitkamer het skuifdeure wat na 'n beskutte dek lei met 'n ingeboude braai en stoepmeubels. Hier kan jy mooi uitsigte oor die see en strand geniet. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 motor en Ocean One - Linda is na aan restaurante en winkels asook talle ander besienswaardighede op die Tuinroete.

Die eenheid/kamer het
Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Prys sluit in

Selforg

Huisreëls

Die breekskadedeposito is 7 dae na die uitklokdatum terugbetaalbaar indien alles in die eenheid in orde is.

Indien gaste later wil inklok moet hulle asb. vooraf reëlings tref.

Ekstra fooie sal in die volgende situasie gehef word:

Indien gaste in die eenheid rook.
Indien die skottelgoed nie voor vertrek gewas word nie.
Indien gaste die eenheid oopgesluit los.
Indien gaste nie die sleutels met uitkloktyd teruggee nie.
Indien gaste ná inkloktyd arriveer.
Indien meer as die bevestigde gaste in die eenheid bly.
Vir morsmerke en vlekke op meubels en matte.
Indien troeteldiere sonder toestemming in die eenheid is.
Vir enige breekskade of vermiste items.
Enige geraas of steurings wat tot klagtes van die bure lei.
Indien gaste voorraad van verskillende eenhede meng bv. eetgerei, breekware ens.

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R2 150
per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Point Village-weg, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2e7e808d48f879a61d8689d51ffdf9492d3a5c60f62223dc449d1b0a98e86df0a99a254aca5006339afc85090a7a8a714731?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 150 per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 Bland Street Point Village Complex 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -34.182543778272 22.157270211948
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem