Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stephen

Stephen
Vanaf
Vanaf R2 725
per eenheid
Beskrywing

Ocean One - Stephen is 'n gerieflike gesinseenheid met selfsorg-geriewe in Point Village, Mosselbaai. Dié eenheid het plek vir 9 persone en is ideaal vir groot gesinne. Daar is 4 slaapkamers en 4 badkamers. Twee van die kamers het dubbelbeddens en twee van die ander kamers het elkeen 2 enkelbeddens en 'n ekstra stapelbed. Verder het die huis 2 balkonne met asemrowende uitsigte oor die see - die eenheid is aan die seekant. Die een balkon het 'n ingeboude braaiplek en gehalte meubels sodat jy en jou vriende of gesin lekker kan kuier. Die sitkamer het gerieflike meubels en 'n TV met volledige DStv en die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedmasjien. Ongelukkig word troeteldiere nie in die eenheid toegelaat nie.

Die eenheid/kamer het
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Prys sluit in

Selfsorg

Huisreëls

Die breekskadedeposito is 7 dae na die uitklokdatum terugbetaalbaar indien alles in die eenheid in orde is.

Indien gaste later wil inklok moet hulle asb. vooraf reëlings tref.

Ekstra fooie sal in die volgende situasies gehef word:

Indien gaste in die eenheid rook.
Indien die skottelgoed nie voor vertrek gewas word nie.
Indien gaste die eenheid oopgesluit los.
Indien gaste nie die sleutels met uitkloktyd teruggee nie.
Indien gaste ná inkloktyd arriveer.
Indien meer as die bevestigde gaste in die eenheid bly.
Vir merke en vlekke op meubels en matte.
Indien troeteldiere sonder toestemming in die eenheid is.
Vir enige breekskade of vermiste items.
Enige geraas of steurings wat tot klagtes van die bure lei.
Indien gaste voorraad van verskillende eenhede meng, bv. eetgerei en breekware.

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R2 725
per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Point Village, Point Village-kompleks, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU4MDQ5NjA2LTI0MTMtNDhiYi1hODhhLWU4YjI5MTRmNTNiMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 725 per nag (plek vir 8) 11 5 1 5 Bland Street Point Village Complex 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -34.182615882662 22.15725928545
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem