Ocean Shores

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ocean Shores bied gemaklike selfsorgverblyf in Bloubergrant en is naby die strand, plaaslike winkels en restaurante soos die gewilde Blue Peter en Ons Huisie. Die perseel is ook sowat 12 km vanaf die Canal Walk Winkelsentrum geleë.

Verblyf word aangebied in selfsorgwoonstelle. Die woonstelle word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Die woonstelle beskik elkeen oor 'n ten volle toegeruste kombuis, 'n TV met 'n DVD-speler en sekere DStv-kanale, 'n verwarmer, 'n waaier, 'n wasmasjien, 'n strykyster en -plank, linne, badhanddoeke, 'n haardroër, en 'n kluis. Daar is 'n beperkte aantal kampbedjies wat versoek kan word.

Die oord bied 'n gemeenskaplike braai-area by die swembadarea, 'n speletjieskamer met 'n pooltafel, 'n veerpyltjiebord en video-speletjies, WiFi, 'n klimraam, en veilige onderdakparkeerplek. Let asb. daarop dat die swembad tans gesluit is vir die duur van die waterbeperkings.

Die hoofstrand in Blouberg, Big Bay, is gewild vir sy watersport, soos branderplankry, seilplankry en vlieërbranderry. Die Cape Town Surf School bied lesse aan vir beginners en hul tariewe sluit 'n bord en 'n duikpak in om te huur. Blouberg is die tuiste van verskeie vlieërbranderry-instrukteurs en -skole en die omstandighede is ideaal vir beginners sowel as gevorderde vlieërbranderryers. Vir diegene wat eerder die uitsig as die water wil geniet is Blouberg se strande ideaal vir sonbaai, stap en gesinstyd in die son.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ocean Shores gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 302 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za