LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Old Camp Road Hillside Home | LekkeSlaap
+37

Old Camp Road Hillside Home

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Old Camp-weg 11, Misty Cliffs, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Old Camp Road Hillside Home bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n unieke bunker-styl huis met verskeie verdiepings. Die lieflike drieslaapkamerhuis skuil aan die voorheuwels van die prentjiemooi Misty Cliffs, word deur fynbos omring en spog met 'n ongelooflike uitsig oor die Atlantiese Oseaan. Die ligging bied toegang tot die skiereiland, strande, Kaappunt Nasionale Park en Bouldersstrand.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n losstaande bad, wasbak met 'n spieël, 'n privaat toilet, 'n groot boekrak, bedlampies en kragpunte. Die hoofbadkamer het 'n instapstort met oorgenoeg natuurlike lig, 'n toilet en 'n spieël. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, bedlampies en kragpunte. Dié slaapkamer het ook 'n glasdeur wat na 'n privaat stoep met 'n uitsig oor die see lei. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en bedlampies. Dié slaapkamer het ook toegang tot 'n binnehof met 'n buitestort en 'n spieël.

Die huis het ook 'n oopplan-kombuis, 2 eetareas en 'n sitarea. Die oopplan-kombuis het 'n klein ontbyttafel en is met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster toegerus. Tee, koffie en suiker word voorsien. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n koffietafel, 'n kaggel en 'n groot etenstafel. Glasdeure bied toegang na die stoep.

Old Camp Road Hillside Home spog met vesel-internet, en vuurmaakplek en 'n pizza-oond buite. Ontspan op die balkon en geniet die uitsig oor die Atlantiese Oseaan, Scarborough en die Kaappunt Natuurreservaat. Die huis het ook 'n stoep op die dak. Rook word op die stoep toegelaat, maar nie in die huis nie. Daar is parkeerplek vir 2 tot 3 voertuie in die straat voor die huis.

Slaapplek

’n Bespreking by Old Camp Road Hillside Home sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Ligging

  • Old Camp-weg 11, Misty Cliffs, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Old Camp-weg 11, Misty Cliffs, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnxBcth45f0TxCroTMUkHnRhPb8U1Z0JYhoBONRoobxZzqXbhHu?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 000  per nag (plek vir 6) 11 Old Camp Road Misty Cliffs 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.184929150398 18.364401228836
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!