Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Old Mac Daddy Luxury Trailer Park

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 46 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elginvallei-pad 112, Grabouw, 7160, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 295 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Old Mac Daddy Luxury Trailer Park is in Elgin en bied 'n kampgeleentheid wat jou nostalgies sal laat oor jou kinderdae. Dié luukse ontwerper-woonwaens is tussen dennebome en mere geleë. Dit bied talle doendinge in die natuur en gesonde etes vars van die plaas af.

Die park het 9 woonwa-suites met aparte sitkamers, 'n uitkykdek en 'n en suite-badkamer. Elke eenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en die sitkamer kan gebruik word as 'n kinderkamer. Verder is daar 3 Airstream-woonwaens met 'n uitsig oor die onderste dam en dit bied ook slaapplek aan 2 volwassenes. Dié woonwaens is 'n bietjie kleiner, maar het ook en suite-badkamers. Dis ideaal vir paartjies op soek na 'n romantiese wegbreek in die natuur. Alternatiewe verblyf sluit Daddy's Den met slaapplek vir 4 en Daddy's Hideaway met slaapplek vir 4 gaste, Daddy's Villa met slaapplek vir 6 gaste, en The School House met slaapplek vir 10 gaste in. The School House is 'n ou skool wat in 'n huis omskep is.

Old Mac Daddy het 'n gemeenskaplike area waar gaste lekker gesonde maaltye en peuselhappies deur die dag kan geniet. Al die bestanddele is plaaslik verkry en organies waar moontlik. Old Mac Daddy is 'n kindervriendelike omgewing en kinders kan lekker binne en buite speel. Daar is oorgenoeg doendinge om hulle mee besig te hou! Daar is ook 'n spyskaart spesiaal met gratis maaltye vir die jongspan onder 8 jaar oud. Verder is daar 'n omheinde swembad en 'n mensgemaakte strand waar gaste kan baljaar.

Old Mac Daddy het geriewe vir konferensies, vergaderings en troues. Die hele plek of net 'n gedeelte kan bespreek word vir funksies of vergaderings. Die konferensie-saal is op die perseel geleë en daar is WiFi.

Neem asseblief kennis dat selfoonontvangs by Old Mac Daddy beperk is. Daar is wel 'n selfoonontvangs-kuberkol by die kroeg.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Portier
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 11 resensies vir Old Mac Daddy Luxury Trailer Park
Netheid
4.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.2/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Mac Daddy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Jaar gelys 9

Ligging

  • Elginvallei-pad 112, Grabouw, 7160, Wes-Kaap
  • Gaste dink Old Mac Daddy Luxury Trailer Park het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 295
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R2 295
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 46 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elginvallei-pad 112, Grabouw, 7160, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU0MjU0OTVkLTAyZjAtNGQ2OS1hMmIyLTcwNjAxYTI2ZDA4Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 295 per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 112 Elgin Valley Road Grabouw 7160 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.230902048108 19.11889463691
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem