Old Pine and Evergreen Cabins

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Old Pine and Evergreen Cabins is op 'n 78 hektaar-plaas in die Karkloof geleë en is sowat 22 km van Howick af. Daar is 'n digte, inheemse bos teen die berg en die voorkant van die huis het uitsigte oor die vallei.

Old Pine Cabin is 'n selfsorg-houthuisie met 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer het 'n bad en stort. Die houthuisie het ook 'n oopplan-kombuis en -sitarea, 'n veranda reg rondom die huis en 'n vuurput vir braai. Gehaltelinne, snoesige duvets en 'n kaggel binne verseker 'n rustige nagrus. Die houthuis het 'n mikrogolf, gasstoof, tee en koffie, badhanddoeke, haardroër en hout.

Evergreen Cabin is 'n selfsorg-houthuisie met 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort. Die houthuis het ook 'n sitkamer, kombuis, kaggel, braaiput en privaat balkon waar jy soggens 'n koppie koffie kan drink en die uitsig oor die vallei bewonder. Die kombuis het 'n gasstoof, mikrogolfoond, eetgerei en tee- en koffiemaakgeriewe en die sitkamer het skouspelagtige uitsigte oor die Karkloofvallei. Verder is daar linne, duvets, badhanddoeke, 'n haardroër en hout.

Onderdak-parkeerplek op die perseel is beskikbaar vir alle gaste. Die omgewing is ideaal vir voëlkyk en fietsry en die bekende Sappi-bergfietsroetes is sowat 7 km hiervandaan. Die Karkloof Canopy Tours is sowat 4,3 km daarvandaan en gaste wat by Old Pine en Evergreen Cabins bly kry 10% af op die boomtoptoer. Maak asseblief seker dat jy dit noem voor jy die boomtoptoer bespreek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Old Pine And Evergreen Cabins gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]