Old Sam's Cottage
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 11 Mrt 2024 tot 30 Apr 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Rhenosterfontein-plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R780R702 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Old Sam's Cottage is in 'n wildkamp, net 9,5 km vanaf Bredasdorp, die hartjie van die Overberg se kreatiwiteit en kookkuns, geleë. By Old Sam's Cottage word stilte en rustigheid vervleg. Die kothuis is ook net 41 km van De Hoop Natuurreservaat af.
Die kothuis bied slaapplek aan 2 gaste in 'n slaapkamer met 'n dubbelbed, luukse linne en 'n gasverwarmer vir die kouer aande. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die leefarea en kombuis het 'n oopplan-uitleg. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, 2 gasplate, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met sitplek, 'n piekniektafel en 'n ingeboude braai. Die stoep is die perfekte plek vanwaar gaste die sonsondergang oor die plaas kan bewonder.
Hierdie kothuis sal gaste terugneem in tyd. Daar is geen elektrisiteit nie en water word deur 'n gasgeiser verhit. Die kothuis se ongekunstelde atmosfeer word verder deur lanterns en herlaaibare ligte beklemtoon. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die plaas het 'n sirkelfietsroete wat 15 km lank is en die nabygeleë Karsrivier is ideaal vir visvang. Stappers sal dit geniet om in die duineveld te gaan stap en gaste kan gerus in die kothuis se kano op die Karsrivier gaan roei. Die groot verskeidenheid voëlspesies is enige voëlkyk-entoesias se droom en daar woon elande, springbokke en sebras in die wildkamp.
Slaapplek
’n Bespreking by Old Sam's Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Cecilia Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 118
Jaar gelys 10
Ligging
- Rhenosterfontein-plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
- Gaste dink Old Sam's Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bredasdorp Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Rhenosterfontein-plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom