Marlothpark Akkommodasie by Olifant Marloth Park In The Bush | LekkeSlaap
+19

Olifant Marloth Park In The Bush

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olifantrylaan 3008, Marloth Park, 1902, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 150 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Olifant Marloth Park In The Bush is 'n selfsorg-chalet met 'n grasdak in Marloth Park. Dié reservaat grens aan die Krugerwildtuin en is net 20 km vanaf die wildtuin se Krokodilbrughek.

By Marloth Park sal jy beslis jouself in die bosveld verloor. Koedoes, sebras, kameelperde, rooibokke, blouwildebeeste, vlakvarke, volstruise en 'n magdom voëls is hier te sien.

Olifant Marloth Park in The Bush bied slaapplek aan tot 6 gaste en het 2 slaapkamers, nog 'n slaapkamer in die solder, 'n oopplan-kombuis en leefarea, en 'n grasdaklapa.

Die eerste en tweede kamer het dubbelbeddens en die badkamer het 'n stort en aparte toilet. Die solder het 2 enkelbeddens. Die kombuis is vir selfsorg toegerus. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en lei na 'n stoep met braaigeriewe, 'n grasdaklapa met piekniekbankies en 'n plonspoel vir warm dae. Skadu-parkeerplek is beskikbaar.

Olifant Marloth Park bied 'n ware bosveld-ervaring - diere wat jou kom besoek terwyl jy braai of jou oggendkoffie geniet, die voëltjies se gefladder en gekwetter, en die ongelooflike Afrika-sterrehemel. Ry na die Krokodilrivier om die Groot 5 te kyk of geniet 'n skemerkelkie langs die rivier en ervaar Marloth Park se kalmte.

Slaapplek

’n Bespreking by Olifant Marloth Park In The Bush sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 6 resensies vir Olifant Marloth Park In The Bush
Netheid
3.5/5
Diens
4.3/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Olifantrylaan 3008, Marloth Park, 1902, Mpumalanga
  • Gaste dink Olifant Marloth Park In The Bush het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olifantrylaan 3008, Marloth Park, 1902, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAIAj0pgInIerc6lXXAfY7aTZDkI26DS0KQxhKjMHcNbSklpzUBS?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 150  per nag (plek vir 6) 6 5 1 4 3008 Olifant Street Marloth Park 1902 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.344588797781 31.795520233135
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za