Olive House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Olive House is naby Somerset-Wes en Stellenbosch en bied gehalteverblyf aan vakansiegangers of sakereisigers op ’n veilige landgoed.

Verblyf bestaan uit 2 aparte kamers met en suite-badkamers. Die eerste slaapkamer het ’n koninggrootte-bed wat op aanvraag in 2 enkelbeddens omskep kan word en die tweede slaapkamer het ’n koningingrootte-bed. Elke slaapkamer het ’n badkamer met ’n stort of bad, toilet en wasbak. Daar is ook ’n privaat ingang en veilige parkeerplek. WiFi, lugversorging, ’n haardroër en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket is beskikbaar.

Elke kamer het toegang tot ’n kombuis wat met ’n mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus is.

Die landgoed het ’n pragtige uitsig oor die berge en ’n staproete rondom die dam en landgoed. Verskeie restaurante en die bekende Vergenoeg-, Vergelegen- and Lourensford-wynplase is ook in die omtrek. Route 44 Market en die Helderberg-natuurreservaat is net ’n paar km weg.

Die Strand en Stellenbosch is net 12 minute se ry van die verblyf af en gaste het toegang tot verskeie roetes om die Kaapse Wynlande te verken.

Die landgoed het goeie sekuriteit en is naby wynplase, die historiese Stellenbosch, 10 km van die strand af, 15 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en net 30 minute vanaf Kaapstad se middestad en die V&A Waterfront af. Somerset-Wes is 'n gerieflike basis vir gaste wat die omgewing se wynroetes, restaurante, markies, swemplekke, natuurreservate, walviskyk, haaihokduik en skemerbootritte wil ervaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Olive House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R640 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za