Danabaai Akkommodasie by On Golden Pond Beach Apartment | LekkeSlaap
+2

On Golden Pond Beach Apartment

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Armatastraat 24 E, Danabaai, 6510, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

On Golden Pond Beach Apartment is 'n pragtige strandwoonstel in Danabaai, 'n stil woonbuurt in Mosselbaai. Dit is ideaal vir sakereisigers en vakansies vir 2. Die eenheid is ook net 30 minute se ry vanaf George Lughawe. Die woonstel is 1 km van die naaste strand af en bied 'n pragtige see-uitsig.

Die woonstel beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n leefarea. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Ander geriewe sluit tee- en koffiemaakgeriewe in. Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Mosselbaai is welbekend vir sy warm weer (ten minste 300 dae 'n jaar van sonskyn) en is geleë op die asemrowende Tuinroete. Mosselbaai is presies halfpad tussen Kaapstad en Port Elizabeth (beide 400 km weg).

Danabaai spog met 16 km lange wit strande en is in der waarheid 'n bewaringsgebied. Die gebied is die tuiste van verskeie diere bv. bosbokke, steenbokke en meer as 116 voëlspesies. Dit is ook die tuiste van 'n groot verskeidenheid van fynbos. Daar is ook skouspelagtige uitsigte oor die Indiese Oseaan, die Outeniekwaberge en dit is binne maklike ry-afstand van verskeie doendinge en historiese terreine.

Danabaai is ideaal indien jy die Tuinroete wil verken. Van hier af kan jy die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn tydens April bywoon, die Wynplase van Robertson en Swellendam besoek of ry na Knysna om die mere-distrik van Suid Afrika te ervaar.

Slaapplek

’n Bespreking by On Golden Pond Beach Apartment sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.7 uit 5van 2 resensies vir On Golden Pond Beach Apartment
Netheid
3.5/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
3.5/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Armatastraat 24 E, Danabaai, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink On Golden Pond Beach Apartment het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Armatastraat 24 E, Danabaai, 6510, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMzZDk4YWYwLTg3MTUtNGQxOC1hZmJjLTI4YTI2MjY4OTRjNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (plek vir 2) 2 5 1 4 24 E Armatastreet Danabay 6510 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -34.19774 22.027676
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za