On the Beach
Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 2 Jun 2024 tot 8 Aug 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lutie Katz-weg 64, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12
-
Vanaf
R1 400R1 120 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
On the Beach bied verblyf op Yzerfontein se strandfront waar gaste 'n privaat paadjie tot by die strand het. Verblyf is beskikbaar in 2 selfsorgwoonstelle op die grondverdieping.
Die Seabreeze-woonstel het slaapplek vir 3 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die kombuisie is ten volle toegerus en daar is 'n enkelbed in die sitarea en 'n TV met die volle DStv-pakket. Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakstoep met braaigeriewe en 'n pragtige see-uitsig.
Die Marilyn-woonstel het slaapplek vir 2 gaste. Dit is 'n oopplan-woonstel met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuisie is vir selfsorg toegerus en die eenheid het 'n TV met volledige DStv. Die eenheid bied toegang tot 'n onderdakstoep en braaigeriewe is beskikbaar. WiFi en veilige parkeerplek agter 'n hek is beskikbaar.
Yzerfontein het verskeie restaurante, koffiewinkels en aktiwiteite soos hengel, branderplankry, waterski, bootvaarte, sandplankry en staproetes. Gaste kan die Dasseneiland-vuurtoring, die !Khwa ttu San Erfenissentrum of die natuurreservate in die omtrek besoek. Dié reservate is oortrek van veldblomme in blommetyd.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Lutie Katz-weg 64, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink On the Beach het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Yzerfontein Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lutie Katz-weg 64, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12