On The Beach In JBay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

On The Beach is in The Dune-woonstelkompleks geleë. Dit is stapafstand vanaf koffiewinkels, restaurante, geskenkwinkels, winkelsentrums, gewilde branderplankryplekke en nog meer. Of jy by ons vir vakansie of vir besigheid wil vertoef, dié woonstel is die perfekte bestemming.

Die ruim woonstel bied slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Die badkamer is ingerig met 'n hoekbad, stort en toilet. Gaste het gedeeltelike see-uitsigte vanaf die balkon en 2 slaapkamers.

Die woonstel spog met 'n kombuis wat volledig toegerus is vir selfsorg met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wasmasjien, skottelgoedwasser, watersuiweraar-stelsel en 'n filterkoffiemasjien. Die leefarea is ingerig met 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler en DStv. Die leefarea lei na 'n balkon met braaigeriewe en oorgenoeg sitplek sodat jy die beeldskone sonsondergange oor die see kan geniet.

Die gasheer voorsien komplimentêre tee, koffie, suiker en melk. Skoonmaakmiddels, linne en handdoeke word ook voorsien, sowel as ekstra komberse.

Gaste het direkte toegang tot die strand via 'n sekuriteitshek aan die agterkant van die kompleks.

Slaapplek

'n Bespreking by On The Beach In JBay sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na On The Beach In JBay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R970 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za