On the Beach Patch in Southport

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

On the Beach Patch in Southport is 'n selfsorg-strandhuis aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Die huis front na die see en die strand word deur 'n privaat hek en 'n 30 m voetpad bereik. Daar is see-uitsigte vanuit sie sitkamer en tuin-area en die branders se gedruis sal jou saans aan die slaap sus. Die strand is redelik afgesonder en bied uitstekende uitsigte en stapgeleenthede. Daar is 'n getypoel sowat 200 m van die huis af en Southport Blouvlagstrand is net 400 m ver. Jy kan selfs 'n kampvuur op die strand maak.

Dié woonstel het slaapplek vir 8 volwassenes en 2 klein kinders en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed vir 'n kind. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens plus 'n enkelbed vir 'n kind. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en eetgerei en breekware. Die leefarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Kom geniet privaatheid in dié afgeleë, ongerepte deel van die Suidkus met sy gholfbane, waterpark, Oribikloof en talle besienswaardighede wat lekker naby is vir 'n daguitstappie.

Slaapplek

'n Bespreking by On the Beach Patch in Southport sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na On The Beach Patch In Southport gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 195 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za