On the Rocks

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

On the Rocks is 'n gerieflike selfsorgwoonstel in 'n veilige sekuriteitskompleks. Dis binne stapafstand vanaf die Blouvlagstrand in Manaba Beach, 'n gewilde Suidkus-vakansiebestemming net noord van Margate.

Die akkommodasie is geskik vir tot 5 gaste en word aangebied in 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die sitkamerarea bevat 'n slaapbank, 'n plafonwaaier en 'n platskerm-TV met DStv. Die oopplan-eetkamer beskik oor 'n eetkamertafel met 6 stoele, en die oopplan-kombuis is geskik vir selfsorg met 'n oond, 'n stoof, 'n mikrogolfoond, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitkamerarea lei na 'n sonkamer en gaste kan ook op die patio met braaigeriewe kuier. Die patio bied onbelemmerde see-uitsigte. Veilige parkering word voorsien en gaste geniet toegang tot die gemeenskaplike swembad.

Manaba Beach is 'n klein dorpie tussen Uvongo en Margate. Die dorpie spog met 'n Blouvlagstrand geskik vir swem en branderplankry met haainette en lewensredders. Manaba Beach bied doendinge soos swem, visvang, vlieërbranderry, kanovaart, sielplankry, voëlkyk, of selfs 'n putjie gholf. Manaba kom van die Zulu woord wat beteken "gemak en ontspanning" ? die ideale naam vir 'n vakansiebestemming!

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Waaier

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na On The Rocks gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za